O breng mij terug naar die oud transvaal
Door: Wil(wilvandervelden06@gmail.com)
Blijf op de hoogte en volg Wil
30 Juni 2017 | Spanje, Molinaseca
Ben ik vanmiddag hier aangeland in dit dorp en voel je in de hoofstraat hiervan op de route van de camino de stroom toeristen richting Santiago aanzwellen. Wandelen hier is gaaf. Bossen en schaduw.
-
02 Juli 2017 - 14:18
Piet En Jackie Krynauw:
Wil, dit was lekker om mekaar op Molinaseca raak te loop.
Afrikaans sprekendes van die suidpunt van Afrika sukkel met die Europese tale en op die Camino is Hola en Buen Camino ons beste Spaans.
Met ons stamtaal kom ons veel verder.
Dis wonderlik dat ons, ten spyte van die verloop van eeue sedert 1652, mekaar kan verstaan.
Die kultuurbande bring mee dat ons dit geniet het om n paar liedjies saam te sing. "Heb je wel gehoord van die Zilveren vloot ... Ik heb mijn wagen vol geladen... " en ons was beindruk dat jy Sarie Marais ken.
Dis jammer dat ons skole vandag ongelukkig nie meer veel aandag gee aan die herkoms van ons taal nie.
Ons het die Camino op Villafranca afgesluit om ons kinders van VSA, Australie en SA vir n 2 weke familievakansie in Portugal en Spanje te ontmoet.
Die Camino stap het my aan n Afrikaanse liedjie "Kinders van die wind" laat dink:
"Ek ken ‘n ou, ou liedjie
Van lewenswel en wee
Van lank-vergane skepe in
die kelders van die see
Die woorde is vergete
En tog, die deuntjie draal
Soos vaag-bekende grepies in
‘n Baie ou verhaal
Refrein:
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind
Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is
Sou net ‘n kind kon raai
Refrein:
Swerwers sonder rigting
Soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind
Komponis: Koos du Plessis
Kom kuier gerus by ons in Kaapstad om die nalatenskap van Jan van Riebeeck en die VOC te beskou.
Ons besigheid-Trails and Travel-reel wandel en fietsvakansies in Suid Afrika en gee graag advies aan besoekers. Sien www.trailsandtravel.co.za
Lekker Camino !
Piet en Jackie Krynauw
Reageer op dit reisverslag
Je kunt nu ook Smileys gebruiken. Via de toolbar, toetsenbord of door eerst : te typen en dan een woord bijvoorbeeld :smiley